Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 15:21-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Elkeen wat aan haar bed raak, moet sy klere was en in water bad en sal tot die aand toe onrein wees.

22. Elkeen wat raak aan enige voorwerp waarop sy sit, moet sy klere was en in water was en sal tot die aand toe onrein wees

23. en as daar iets op die bed is of op die voorwerp waarop sy sit, as hy aan dit raak, sal hy tot die aand toe onrein wees.

24. As ’n man met haar gemeenskap het sodat haar onreinheid op hom kom, sal hy sewe dae lank onrein wees en elke bed waarop hy lê, sal onrein wees.Lev 18:19

25. As ’n vrou vir baie dae ’n uitskeiding van bloed het, buiten die tyd van haar menstruasie, of as sy vloei verby die tyd van haar menstruasie, moet sy gedurende al die dae van haar vloeiing wees soos in die dae van haar menstruasie; sy is onrein.

26. Elke bed waarop sy gedurende al die dae van haar vloeiing lê, sal vir haar soos die bed van haar menstruasie wees en alles waarop sy sit, sal net so onrein wees soos die onreinheid van haar menstruasie.

27. Elkeen wat aan hierdie dinge raak, sal onrein wees: dié een moet sy klere was en in water was en sal tot die aand toe onrein wees,

28. maar as sy van haar uitskeiding rein geword het, moet sy sewe dae tel en daarna sal sy rein wees.

29. Op die agtste dag moet sy vir haar twee tortelduiwe of twee jong duiwe vat en dié by die ingang van die Tent van Ontmoeting na die priester bring.

30. Die priester moet die een as sondoffer en die ander as brandoffer offer en die priester moet vanweë haar onrein uitskeiding vir haar toedekking doen voor יהוה.

31. So moet julle dan die seuns van Yisra’el van hulle onreinheid afskei sodat hulle nie deur hulle onreinheid sterf deurdat hulle My tabernakel wat tussen hulle is, onrein maak nie.

32. Hierdie is die wet vir hom wat ’n uitskeiding het en vir hom wat ’n saaduitskeiding het sodat hy daardeur onrein word

33. en vir die vrou wat deur haar menstruasie onwel is en vir die een wat aan ’n uitskeiding ly, man of vrou en vir ’n man wat met ’n onrein vrou gemeenskap het.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 15