Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 15:17-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Elke kledingstuk en elke veldeel waar die saad op kom, moet in water gewas word en dit bly onrein tot die aand toe.

18. As ’n man met ’n vrou gemeenskap het sodat daar saad afkom, moet albei in water was en hulle sal onrein wees tot die aand toe.

19. As ’n vrou ’n uitskeiding het en die uitskeiding uit haar liggaam bloed is, is sy sewe dae lank onrein en elkeen wat aan haar raak, sal onrein wees tot die aand toe.

20. Alles waarop sy tydens haar onreinheid lê, sal onrein wees en alles waarop sy sit, sal onrein wees.

21. Elkeen wat aan haar bed raak, moet sy klere was en in water bad en sal tot die aand toe onrein wees.

22. Elkeen wat raak aan enige voorwerp waarop sy sit, moet sy klere was en in water was en sal tot die aand toe onrein wees

23. en as daar iets op die bed is of op die voorwerp waarop sy sit, as hy aan dit raak, sal hy tot die aand toe onrein wees.

24. As ’n man met haar gemeenskap het sodat haar onreinheid op hom kom, sal hy sewe dae lank onrein wees en elke bed waarop hy lê, sal onrein wees.Lev 18:19

25. As ’n vrou vir baie dae ’n uitskeiding van bloed het, buiten die tyd van haar menstruasie, of as sy vloei verby die tyd van haar menstruasie, moet sy gedurende al die dae van haar vloeiing wees soos in die dae van haar menstruasie; sy is onrein.

26. Elke bed waarop sy gedurende al die dae van haar vloeiing lê, sal vir haar soos die bed van haar menstruasie wees en alles waarop sy sit, sal net so onrein wees soos die onreinheid van haar menstruasie.

27. Elkeen wat aan hierdie dinge raak, sal onrein wees: dié een moet sy klere was en in water was en sal tot die aand toe onrein wees,

Lees volledige hoofstuk Levitikus 15