Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 15:14-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Op die agtste dag moet hy vir hom twee tortelduiwe of twee jong duiwe vat en voor יהוה kom, by die ingang van die Tent van Ontmoeting en dit vir die priester gee.

15. Die priester moet hulle offer, die een as ’n sondoffer en die ander as ’n brandoffer; so moet die priester dan vir hom vanweë sy uitskeiding toedekking doen voor יהוה.

16. As daar saad van ’n man af uitgaan, moet hy sy hele liggaam in water was en hy sal onrein wees tot die aand toe.

17. Elke kledingstuk en elke veldeel waar die saad op kom, moet in water gewas word en dit bly onrein tot die aand toe.

18. As ’n man met ’n vrou gemeenskap het sodat daar saad afkom, moet albei in water was en hulle sal onrein wees tot die aand toe.

19. As ’n vrou ’n uitskeiding het en die uitskeiding uit haar liggaam bloed is, is sy sewe dae lank onrein en elkeen wat aan haar raak, sal onrein wees tot die aand toe.

20. Alles waarop sy tydens haar onreinheid lê, sal onrein wees en alles waarop sy sit, sal onrein wees.

21. Elkeen wat aan haar bed raak, moet sy klere was en in water bad en sal tot die aand toe onrein wees.

22. Elkeen wat raak aan enige voorwerp waarop sy sit, moet sy klere was en in water was en sal tot die aand toe onrein wees

23. en as daar iets op die bed is of op die voorwerp waarop sy sit, as hy aan dit raak, sal hy tot die aand toe onrein wees.

24. As ’n man met haar gemeenskap het sodat haar onreinheid op hom kom, sal hy sewe dae lank onrein wees en elke bed waarop hy lê, sal onrein wees.Lev 18:19

Lees volledige hoofstuk Levitikus 15