Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 4:11-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. יהוה het Sy toorn voltooi, Hy het Sy vreeslike woede uitgestort en ’n vuur in Tziyon aan die brand gesteek wat haar fondasies verteer het.

12. Die konings van die aarde en al die inwoners van die wêreld het dit nie geglo dat ’n vyand of onderdrukker die poorte van Yerushalayim sou binnegaan nie.Yeg 39:21-24

13. Dit het gebeur as gevolg van die sondes van haar profete, die oortredinge van haar priesters, wat in haar die bloed van die regverdiges vergiet het.

14. Haar prinse het in haar strate rondgedwaal, deurdrenk met bloed sodat niemand hulle klere kon aanraak nie.Z’kh 2:11; Open 18:4

15. Sonder jouself af van hulle, noem hulle onrein; gaan weg, gaan weg en moenie aan hulle raak nie, want hulle het uitlokking veroorsaak en is gepla. Onder die ander nasies het hulle gesê: “Hulle sal nie langer hier vertoef nie.”

16. Ons oë het dof geword van wag op hulp; ons wagters het tevergeefs gewag op ’n nasie wat nie kon red nie.

17. Die Teenwoordigheid van יהוה het hulle verdeel, Hy sal hulle nie meer in ag neem nie. Hulle het die persoon van die priesters nie respekteer nie, geen liefdevolle omgee vir die grysaards bewys nie.

18. Hulle het jag gemaak op die kleinere mense en hulle wat in die strate loop; ons einde is naby, ons dae is verby, want ons tyd het gekom.

19. Ons vervolgers was vinniger as die arende in die lug. Hulle het ons op die berge agtervolg, ons in die wildernis voorgelê.

20. Ons, die gesalfde van יהוה, (van wie ons gesê het: “Onder Sy skaduwee sal ons tussen die nasies bly”) se gees is in hulle putte gevang,

21. Verbly en verheug jou, dogter van Edom, wat in die land van `Utz bly; die beker sal ook na jou toe aangegee word, jy sal dronk word en jouself kaal uittrek.Yir 49:7; Yeg 25:12-14; Yo’el 3:19

22. Jou oortredinge het tot ’n einde gekom, dogter van Tziyon; God sal jou nie meer wegdra in gevangeskap nie, maar jou oortredinge sal gestraf word, dogter van Edom, jou sondes is goed ontbloot.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 4