Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 3:52-57 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

52. My vyande het my sonder oorsaak gejag soos ’n voël;

53. hulle het my lewe in ’n put afgesny; hulle het klippe na my gegooi.

54. Water het oor my kop gestroom, toe het ek gesê: “Ek is ver weggegooi!”

55. Ek roep U Naam (Karakter en Outoriteit) aan, יהוה, uit die diepte van die put.

56. U het my stem gehoor; draai nie U oor van my uitroep af weg nie, maar verlos my en red my.

57. U het nader gekom op die dag dat ek na U uitgeroep het; U het gesê: “Moenie bang wees nie!”

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 3