hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5

Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. O, Magtige God, sien my teistering; ek word getugtig deur die lat van Sy woede.

2. Hy het my gelei, maar ek het in duisternis en nie in lig geloop nie.

3. Hy het sekerlik teen my gedraai, Hy draai die hele dag Sy hand teen my.

4. My vlees en my vel het Hy laat oud word, Hy het my gebeente gebreek.

5. Hy het skuins walle teen my gebou, my omsingel met bitterheid en moeite.

6. Hy het my soos ’n dooie vir ewig in donker plekke laat bly.

7. Hy het my toegemuur sodat ek nie kan ontsnap nie, my ketting swaar gemaak.

8. Alhoewel ek smeek en bid, luister Hy nie na my gebed nie.

9. Hy het my lewenspad met dorings ingekamp, my paaie krom gemaak.

10. Hy was vir my soos ’n wolf wat lê en wag, soos ’n leeu in wegkruipplekke.

11. Hy het my paaie krom gemaak en my in stukke gesny, my verlate gemaak.

12. Hy het sy boog gespan en my as ’n teiken vir die pyl opgestel.Iyov 16:13

13. Let op, Hy het die pyle in my niere laat ingaan.

14. Ek is die hele dag lank die bespotting van al die nasies en van hulle spotlied.

15. Hy het my met bitterheid gevul, my dronk gemaak met wilde-als.

16. Hy het my tande met ’n klip gebreek, my met as bedek.

17. My lewe het afgedwaal van vrede af, ek het voorspoedigheid vergeet

18. en ek het gesê: “My beroemdheid en my versekerde verwagting van יהוה het vergaan.”

19. Onthou my teistering en my tugtiging, die bitterheid en smart.

20. Onthou en herstel my lewe.

21. Hieraan herinner ek my gedagtes; daarom het ek versekerde verwagting in God.

22. Die sagte goedheid van יהוה hou sekerlik nooit op nie en Sy liefdevolle omgee faal nooit nie;

23. hulle is nuut, elke oggend; U getrouheid is groot.Heb 11:1-2

24. יהוה is my Gedeelte,” sê my lewe; “daarom sal ek in Hom ’n versekerde verwagting hê.”

25. יהוה is goed vir hom wat op Hom wag, vir die lewe wat Hom soek.

26. Dit is goed vir ’n man om beide die waarheid en die verlossing van יהוה te verwag.Mat 11:29, 30

27. Dit is goed vir ’n man as hy U juk in sy jeug dra.

28. Laat hom alleen sit en stilbly, want hy het U juk op hom geplaas.

29. Laat hy homself nederig maak, want daar is ’n versekerde verwagting!Luk 6:29 laat hom gevul wees met skaamte,

30. Laat hy sy wang draai vir die een wat hom slaan,

31. want יהוה sal nie vir ewig vergeet nie,

32. maar alhoewel Hy leed veroorsaak, tog sal Hy liefdevolle omgee hê volgens die menigte van Sy goedheid,

33. want Hy onderdruk nie gewilliglik nie, maar Hy onderdruk die seuns van die magtige manne,

34. om al die gevangenes van die aarde onder Sy voete te onderdruk,

35. om dit wat reg is van ’n man te draai na die gesig van die Allerhoogste,

36. om ’n mens onregverdig te behandel in sy regsaak, keur יהוה nie goed nie.

37. Wie is hy wat praat en dit gebeur, as יהוה dit nie beveel het nie?

38. Uit die mond van die Allerhoogste kom nie boosheid en goedheid nie;

39. daarom, hoekom sal enige lewende mens die straf vir sy sonde bevraagteken?

40. Laat ons ons lewenswyse ondersoek en toets en weer terugdraai na יהוה;

41. laat ons ons verstand, wil en emosie saam met ons hande oplig tot God in die hemel.

42. Ons het oortree en gerebelleer en U het nie vrygespreek nie.

43. U het ons met U toorn bedek en ons agtervolg; U het gedood en nie jammer gekry nie.

44. U het Uself in U wolk toegevou, U het ons gebed laat verbygaan.

45. U het ons ontwortel en veragtend onder die volke gemaak.

46. Die trane hardloop uit my oë en hou nie op nie, want daar is geen vertrooster nie

47. totdat יהוה vanuit die hemel afkyk en dit raaksien.

48. My oë is leeggeloop aan trane oor die vernietiging van al die dogters van die stede van my volk.

49. Al ons vyande praat boos teen ons,

50. vrees en bewing kom oor ons, ’n strik en vernietiging.

51. Ek huil ernstig oor die vernietiging van die dogters van my stad.

52. My vyande het my sonder oorsaak gejag soos ’n voël;

53. hulle het my lewe in ’n put afgesny; hulle het klippe na my gegooi.

54. Water het oor my kop gestroom, toe het ek gesê: “Ek is ver weggegooi!”

55. Ek roep U Naam (Karakter en Outoriteit) aan, יהוה, uit die diepte van die put.

56. U het my stem gehoor; draai nie U oor van my uitroep af weg nie, maar verlos my en red my.

57. U het nader gekom op die dag dat ek na U uitgeroep het; U het gesê: “Moenie bang wees nie!”

58. Oיהוה, U het my saak verdedig, U het my lewe gered.

59. O, יהוה, U het my verdrukking gesien, my saak geoordeel.

60. U sien al hulle wraak en al hulle planne teen my.

61. יהוה, U het hulle spot gehoor en al hulle planne teen my;

62. die lippe van my teëstanders en hulle planne, die hele dag lank teen my.

63. Let op, ek verstaan hulle gedrag en hulle optrede, as gevolg van hulle planne.

64. Gee vir hulle terugbetaling, o יהוה, volgens die werke van hulle hande.

65. Gee vir hulle smart van verstand, wil en emosie, laat hulle onderdrukking hul agtervolg.

66. Vernietig hulle in U woede van onder U hemel, יהוה.