Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 3:38-58 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

38. Uit die mond van die Allerhoogste kom nie boosheid en goedheid nie;

39. daarom, hoekom sal enige lewende mens die straf vir sy sonde bevraagteken?

40. Laat ons ons lewenswyse ondersoek en toets en weer terugdraai na יהוה;

41. laat ons ons verstand, wil en emosie saam met ons hande oplig tot God in die hemel.

42. Ons het oortree en gerebelleer en U het nie vrygespreek nie.

43. U het ons met U toorn bedek en ons agtervolg; U het gedood en nie jammer gekry nie.

44. U het Uself in U wolk toegevou, U het ons gebed laat verbygaan.

45. U het ons ontwortel en veragtend onder die volke gemaak.

46. Die trane hardloop uit my oë en hou nie op nie, want daar is geen vertrooster nie

47. totdat יהוה vanuit die hemel afkyk en dit raaksien.

48. My oë is leeggeloop aan trane oor die vernietiging van al die dogters van die stede van my volk.

49. Al ons vyande praat boos teen ons,

50. vrees en bewing kom oor ons, ’n strik en vernietiging.

51. Ek huil ernstig oor die vernietiging van die dogters van my stad.

52. My vyande het my sonder oorsaak gejag soos ’n voël;

53. hulle het my lewe in ’n put afgesny; hulle het klippe na my gegooi.

54. Water het oor my kop gestroom, toe het ek gesê: “Ek is ver weggegooi!”

55. Ek roep U Naam (Karakter en Outoriteit) aan, יהוה, uit die diepte van die put.

56. U het my stem gehoor; draai nie U oor van my uitroep af weg nie, maar verlos my en red my.

57. U het nader gekom op die dag dat ek na U uitgeroep het; U het gesê: “Moenie bang wees nie!”

58. Oיהוה, U het my saak verdedig, U het my lewe gered.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 3