Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 9:5-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Hy wat berge verwyder en hulle omverwerp in Sy woede. Weet hulle dit nie?

6. Hy skud die aarde uit sy fondasies en sy inwoners bewe;

7. Hy beveel die son en dit kom nie op nie en verseël die sterre.Mat 14:25

8. Hy alleen strek die hemel uit en loop op die magtige golwe van die see.

9. Hy het die ‘Groot Beer’ gemaak, die ‘Pleiades (Sewe-ster)’, die Orion en die ‘Kamers van die Suide’.

10. Hy het groot dinge gedoen wat nie uitgevind kan word nie, ja en wonders sonder getal.

11. Let op, as Hy by my verby sou gaan, sal ek Hom nie sien nie en as Hy rondom my sou draai, sou ek Hom nie opmerk nie.

12. Let op, as Hy sou vernietig, wie kan Hom teëstaan? Wie kan vir Hom sê: ‘Wat maak U’?

13. God sal Sy woede nie wegdraai nie; die magtiges sal onder Hom verneder word.

14. Ek sal Hom ook antwoord en my woorde kies in Sy Teenwoordigheid.

15. As ek nie regverdig verklaar word nie, sal ek dit nie teëstaan nie, maar ek sal my Regter smeek om guns.

16. As ek sou roep en Hy antwoord my, sou ek nie glo dat Hy antwoord op my stem nie,

Lees volledige hoofstuk Iyov 9