Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 9:25-35 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

25. Nou is my dae vinniger as ’n hardloper; hulle vlug weg, hulle sien niks goeds nie.

26. Hulle gaan verby soos die skepe van die vyand, soos ’n arend wat neerskiet op sy prooi.

27. Ek het my bitterheid vergeet; as my gedagtes en my denke my alleen sou los, dan sou ek rus vind.

28. Alhoewel ek rus, is ek bang vir elke smart, want ek weet dat U my nie onskuldig sal verklaar nie.

29. Let op, as ek tog skuldig verklaar word, waarom werk ek tevergeefs?Yir 2:22

30. Al was ek my met sneeu, my hande met seep,

31. tog gooi U my in die put en my eie klere is vir my afstootlik,

32. want God is nie ’n man soos ek sodat ek Hom mag antwoord en dat ons saam sou kom vir ’n regsaak nie.

33. Ag, as daar maar ’n regter tussen ons was wat ons albei sou stilmaak.

34. Laat Hy Sy lat van my af wegvat en laat Sy vrees my nie bang maak nie;

35. dan sal ek praat en nie bang wees vir Hom nie, want ek was nooit teen Hom nie.

Lees volledige hoofstuk Iyov 9