Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 9:18-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Hy sal my nie toelaat om my asem te kry nie, maar vul my met bitterheid.

19. As dit ’n kwessie van krag is, let op, Hy is magtig; van oordeel, wie kan Hom aankla?

20. As ek myself regverdig, sal my eie mond my veroordeel; al sê ek ek is rein, Hy sou my ook pervers bewys.

21. Al is ek rein, tog sou ek nie my lewe ken nie; ek sou my lewe verag!

22. Dit is alles dieselfde; daarom sê ek: ‘Hy vernietig beide die regverdige en die bose.’

23. As Sy gésel skielik doodmaak, sal Hy lag vir die dwaasheid van die onskuldiges.

24. Die aarde is aan die mag van die bose oorgelewer en die gesigte van die regters is bedek; indien nie, wie kan hulle woede verdra?

Lees volledige hoofstuk Iyov 9