Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 9:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het Iyov geantwoord en gesê:

2. “Waarlik, ek weet dat dit so is, maar hoe kan ’n mens onskuldig verklaar word voor God?

3. As hy met Hom sou twis, kan hy Hom nie een uit ’n duisend antwoord nie.

4. Hy is wys van verstand, wil en emosie en sterk van krag; wie het homself teen Hom verhard en vrede, voorspoed, vergenoegdheid en gesondheid gehad?

5. Hy wat berge verwyder en hulle omverwerp in Sy woede. Weet hulle dit nie?

6. Hy skud die aarde uit sy fondasies en sy inwoners bewe;

7. Hy beveel die son en dit kom nie op nie en verseël die sterre.Mat 14:25

8. Hy alleen strek die hemel uit en loop op die magtige golwe van die see.

9. Hy het die ‘Groot Beer’ gemaak, die ‘Pleiades (Sewe-ster)’, die Orion en die ‘Kamers van die Suide’.

Lees volledige hoofstuk Iyov 9