Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 6:11-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Wat is my krag dat ek sou kon uithou en wat is my einde dat ek geduldig sou wees?

12. Is my krag soos die krag van klippe of is my vlees van koper?

13. Let op, Sy hulp is nie in my nie en Sy redding is ver van my af.

14. Hy wat liefdevolle omgee weghou van sy vriend af, versaak die respekvolle vrees vir die Almagtige.

15. My broers het misleidend opgetree soos ’n droë spruit, soos stroomversnellings wat weggaan.

16. Op die wat bang is vir ys, het baie sneeu geval;

17. wanneer die son oor hulle skyn, smelt hulle, wanneer dit warm is, smelt hulle en verdwyn uit hul plek uit.

18. Die paaie van hulle lewenswyse kronkel, hulle dwaal af van hulle pad en vergaan,

Lees volledige hoofstuk Iyov 6