Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 38:23-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. wat gespaar word vir die tyd van benoudheid, vir die dag van stryd en oorlog?

24. Op watter manier word lig versprei en vanwaar kom die wind oor die aarde?

25. Wie veroorsaak ’n weerligstraal en die slag van die donder?

26. Wie laat dit reën op ’n land waar geen mens is nie, in die wildernis waar niemand woon nie;

27. om elke bos te deurdrenk en die sagte grasspruit te laat opspring?

28. Het die reën ’n vader, of wie het die doudruppels voortgebring?

29. Uit wie se baarmoeder het die ys en dou gekom en wie gee geboorte aan die ryp van die hemel?

30. Die waters word hard soos ’n klip en die oppervlakte van die ondergrondse water is gevries.

31. Kan jy die beweging van die Sewe-ster stop, of ken jy die pad van die Orion?

32. Kan jy die sterretekens uitbring op hulle tyd, of in die pad van die Beer staan?

33. Ken jy die wette van die hemele, of maak jy reëls vir die aarde?

34. Kan jy jou stem na die wolke oplig, of hulle bedek met ’n oorvloed van water?

Lees volledige hoofstuk Iyov 38