Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 38:18-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Het jy die hele breedte van die aarde gesien? Verklaar aan My, as jy dit alles weet:

19. waar is die blyplek van die lig en waar is die duisternis?

20. Ken jy sy grense en die pad na sy huis?Iyov 34:23

21. Kan jy jou geboorte onthou en weet jy of jy baie dae sal leef?

22. Het jy die kamers van die sneeu binnegegaan? Het jy die stoorkamers met hael gesien,

23. wat gespaar word vir die tyd van benoudheid, vir die dag van stryd en oorlog?

24. Op watter manier word lig versprei en vanwaar kom die wind oor die aarde?

25. Wie veroorsaak ’n weerligstraal en die slag van die donder?

26. Wie laat dit reën op ’n land waar geen mens is nie, in die wildernis waar niemand woon nie;

27. om elke bos te deurdrenk en die sagte grasspruit te laat opspring?

28. Het die reën ’n vader, of wie het die doudruppels voortgebring?

29. Uit wie se baarmoeder het die ys en dou gekom en wie gee geboorte aan die ryp van die hemel?

30. Die waters word hard soos ’n klip en die oppervlakte van die ondergrondse water is gevries.

31. Kan jy die beweging van die Sewe-ster stop, of ken jy die pad van die Orion?

Lees volledige hoofstuk Iyov 38