Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 29:12-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. omdat ek die arme uit spanning bevry het en die vaderloses wat niemand gehad het om hul te help nie.

13. Die seën van hom wat gereed was om te vergaan, het oor my gekom en ek het die verstand, wil en emosie van die weduwee laat jubel.

14. Ek het onpartydige opregtheid aangetrek en dit het my bedek soos ’n kleed en simbool van regverdige oordeel.

15. Ek was oë vir die blinde en voete vir die lammes.

16. Ek was ’n vader vir die armes en die regsaak van hom wat ek nie geken het nie, het ek ondersoek.

Lees volledige hoofstuk Iyov 29