Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 2:3-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Toe vra יהוה vir die teëstander: “Het jy van naby gekyk na My dienskneg Iyov, dat daar niemand op die aarde is soos hy nie: ’n onskuldige en opregte man, een wat God respekvol vrees en wegdraai van die bose? Hy volhard onveranderlik in sy integriteit, alhoewel jy My teen hom aangehits het om hom te vernietig sonder rede.”

4. Die teëstander antwoord יהוה en sê: “Vel vir vel, ja, alles wat iemand het, sal hy gee vir sy lewe, om dit te red,

5. maar steek nou U hand uit en tas sy gebeente en sy vlees aan en hy sal U in U gesig vloek!”

6. יהוה sê vir die teëstander: “Let op, hy is in jou mag; spaar net sy lewe.”

7. die teëstander het weggegaan uit die Teenwoordigheid van יהוה en hy het Iyov met bose swere getref, vanaf sy voetsool tot die kroon van sy kop.

8. Hy het ’n potskerf gevat om homself daarmee te krap en het op as gaan sit.

9. Toe sê sy vrou vir hom: “Volhard jy nog in jou integriteit? Vloek God en sterf!”

Lees volledige hoofstuk Iyov 2