Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 16:18-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. O aarde, moenie my bloed bedek nie en laat my uitroep geen plek hê nie.

19. Ook nou, let op, my Getuie is in die hemel en Hy wat saam met my getuig, is in die hoë plekke.

20. My vriende en my naaste, my oë stroom trane uit voor God.

21. O, dat iemand kan pleit vir ’n man by God soos ’n mens vir sy naaste pleit,

22. want die getal van ’n man se jare sal tot ’n einde kom; dan sal hy gaan op die pad vanwaar hy nie sal terugkeer nie.

Lees volledige hoofstuk Iyov 16