Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 15:4-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Ja, jy verwerp ook respekvolle vrees en praat te veel in die Teenwoordigheid van God,

5. want jou mond is gewoond om sondige dinge te uiter en jy verkies die misleidende tong van die listiges.

6. Jou eie mond veroordeel jou en nie ek nie; ja, jou eie lippe getuig teen jou in my teenwoordigheid.

7. Is jy die eerste mens wat gebore is, of is jy gevorm voor die heuwels?Rom 11:34

8. Het jy die geheime van God gehoor; is Sy wysheid aan jou openbaar;

9. of wat weet jy wat ons nie weet nie, of wat verstaan jy wat ons nie verstaan nie?

10. Let op, daar is tussen ons hulle met grys hare en die baie ou manne, baie ouer in dae as jou vader.

11. Praat minder van God se dreigemente en praat sagkens met jouself.Ps 35:19

12. Waarom roem jou verstand, wil en emosie en vir wat knip jou oë

13. dat jy roem in die Teenwoordigheid van God en sulke woorde uit jou mond laat kom?

14. Wat is die mens sodat hy onskuldig sou wees, of hy wat uit ’n vrou gebore is sodat hy regverdig sou wees?

15. Let op, Hy plaas geen vertroue in Sy afgesonderdes nie; ja, die hemele is nie rein in Sy oë nie.

16. Alhoewel die mens verwerp en gepynig behoort te word, sal hy nogtans boosheid drink soos water!

17. Luister na my, ek sal jou wys en dit wat ek gesien het, wil ek herhaal;

18. dit wat die wyse manne verkondig het en nie van hulle vaders weggesteek is nie,

Lees volledige hoofstuk Iyov 15