Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 15:14-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Wat is die mens sodat hy onskuldig sou wees, of hy wat uit ’n vrou gebore is sodat hy regverdig sou wees?

15. Let op, Hy plaas geen vertroue in Sy afgesonderdes nie; ja, die hemele is nie rein in Sy oë nie.

16. Alhoewel die mens verwerp en gepynig behoort te word, sal hy nogtans boosheid drink soos water!

17. Luister na my, ek sal jou wys en dit wat ek gesien het, wil ek herhaal;

18. dit wat die wyse manne verkondig het en nie van hulle vaders weggesteek is nie,

19. aan wie alleen die land gegee is en geen vreemdeling het tussen hulle deurgetrek nie.

20. Al sy dae verhoog die bose man homself en die getal van die jare van die geweldenaar is verborge.1 Thes 5:3

21. ’n Skrikwekkende klank is in sy ore; in oorvloed sal die Vernietiger oor hom kom.

22. Hy glo nie dat hy omvergewerp sal word as gevolg van die duisternis en dat hy die swaard sal sien nie.

23. Hy vlug as gevolg van die dreigement van oordeel; hy weet nie dat die dag van duisternis reeds op hande is nie.

24. Moeilikheid en angs sal hom oorval, soos ’n koning gereed vir die geveg

Lees volledige hoofstuk Iyov 15