Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 10:14-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. As ek sondig, hou U my dop en U spreek my nie vry van my boosheid nie.

15. As ek boos is, wee my! As ek regverdig is, kan ek steeds nie my kop optel nie. Ek het genoeg van teregwysing, ek het my oortreding gesien.

16. As ek myself verhoog, jag U my soos ’n leeu en dan draai U en wys Uself reusagtig oor my.

17. U het U pantser teen my opgestel en U ontevredenheid met my vergroot. U bring een leërmag na die ander teen my!

18. Waarom het U my dan uit die baarmoeder laat uitgaan? U moes dat ek gesterf het en nie een oog my gesien het nie.’

19. Ek moes wees asof ek nie leef nie; ek moes van die baarmoeder na die graf gedra gewees het.

20. Die dae van my lewe is min. Laat my alleen sodat ek mag stil wees en ’n bietjie rus

21. voordat ek gaan waarvandaan ek nie terugkom nie, die land van duisternis en die skaduwee van die dood,

22. ’n land van eensaamheid en diep donkerheid en van die skaduwee van die dood, sonder enige orde of tyd, bemoeisaam, soos ’n diep put!”

Lees volledige hoofstuk Iyov 10