Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 10:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ek is moeg vir my lewe; ek het in my oordeel geargumenteer; ek sal praat in die bitterheid van my lewe.

2. Ek sal vir God sê: ‘Veroordeel my nie; wys my waarom U met my twis.

3. Is dit nie vir U genoeg om te sien dat U onderdruk nie, dat U die arbeid van U hande verag en die planne van die bose aanvaar nie?

4. Is U vlees, of sien U soos ’n mens sien?

5. Is U dae soos die dae van die mens, of U jare soos die dae van ’n man

6. dat U vra na my ongeregtigheid en soek na my sonde?

7. U weet dat ek onskuldig is en daar is niemand wat homself uit U hand kan bevry nie.

8. U hande het my gemaak en my gevorm en daarna begeer U om my te veroordeel en te vernietig.Gen 2:7; Gen 3:19

9. Onthou dat U my soos klei gevorm het en wil U my weer tot stof maak?

10. U het my gekarring soos melk en my dik gemaak soos kaas.

11. U het my met vel en vlees aangetrek en my met beendere en senings versterk.

Lees volledige hoofstuk Iyov 10