Ou Testament

Nuwe Testament

Hoshea 9:15-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Al hulle boosheid is by Gilgal; inderdaad het Ek hulle daar begin haat; weens die boosheid van hulle dade sal Ek hulle uit My huis uitdryf. Ek sal hulle nie meer liefhê nie. Al hulle prinse is rebelle.

16. Efrayim is getref, hulle wortel is opgedroog, hulle sal geen vrugte dra nie. Selfs al het hulle kinders, sal Ek die kosbares van hulle skoot neerslaan.

17. My God sal hulle weggooi omdat hulle nie na Hom geluister en gedoen het nie en hulle sal swerwers onder die nasies wees.

Lees volledige hoofstuk Hoshea 9