Ou Testament

Nuwe Testament

Hoshea 2:18-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. (2:20) Op daardie dag sal Ek ook vir hulle ’n verbond met die wilde diere van die veld, met die voëls van die hemel en die kruipende diere van die aarde maak en Ek sal die boog, swaard en oorlog ophef uit die land en hulle in veiligheid laat neerlê.

19. (2:21) Ek sal jou vir ewig aan My verloof; ja, Ek sal jou aan My verloof in onpartydige opregtheid en in regverdige oordeel, in liefdevolle goedheid en in omgee

20. (2:22) en Ek sal jou aan My verloof in vertrouenswaardigheid; dan sal jy יהוה ken.

21. (2:23) Dit sal wees in daardie dag dat Ek sal antwoord,” verklaar יהוה. “Ek sal die hemele antwoord en hulle sal die aarde antwoord.

Lees volledige hoofstuk Hoshea 2