Ou Testament

Nuwe Testament

Hoshea 2:14-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. (2:16) “Let daarom op, Ek sal haar lok, haar in die woestyn inbring en sagkens met haar praat,

15. (2:17) dan sal Ek haar wingerde daarvandaan gee en die vallei van Akhor as ’n deur van versekerde verwagting en sy sal daar sing soos in die dae van haar jeug, soos op die dag toe sy uit die land van Mitzrayim opgekom het.

16. (2:18) In daardie dag sal dit wees,” verklaar יהוה, “dat jy My, Ishi (my Man), sal noem, en My nie langer Ba’ali, (my Meester), noem nie,

17. (2:19) want Ek sal die name van die Ba’als uit haar mond verwyder sodat hulle nie meer by hul naam genoem sal word nie.

18. (2:20) Op daardie dag sal Ek ook vir hulle ’n verbond met die wilde diere van die veld, met die voëls van die hemel en die kruipende diere van die aarde maak en Ek sal die boog, swaard en oorlog ophef uit die land en hulle in veiligheid laat neerlê.

19. (2:21) Ek sal jou vir ewig aan My verloof; ja, Ek sal jou aan My verloof in onpartydige opregtheid en in regverdige oordeel, in liefdevolle goedheid en in omgee

20. (2:22) en Ek sal jou aan My verloof in vertrouenswaardigheid; dan sal jy יהוה ken.

Lees volledige hoofstuk Hoshea 2