Ou Testament

Nuwe Testament

Hoshea 13:7-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Ek sal vir hulle soos ’n leeu wees, soos ’n luiperd sal Ek langs die pad lê en wag.

8. Ek sal teen hulle kom soos ’n beer wat van haar kleintjies beroof is en Ek sal hulle borskaste oopbreek; daar sal Ek hulle ook verslind soos ’n leeuin, soos ’n wilde dier hulle sal verskeur.

9. Dit is tot jou vernietiging, o Yisra’el, dat jy teen My, jou Helper, is.

10. Waar is jou koning nou dat hy jou in al jou stede kan red en jou regters van wie jy gevra het: “Gee vir my ’n koning en prinse”?

11. Ek het vir jou ’n koning gegee in My woede en hom weggevat in My toorn.

12. Die onregverdigheid van Efrayim is opgebind; sy sonde opgestoor.

Lees volledige hoofstuk Hoshea 13