Ou Testament

Nuwe Testament

Hoshea 13:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Wanneer Efrayim gepraat het, was daar bewing; hy het homself opgelig in Yisra’el, maar deur Ba’al het hy verkeerd gedoen en gesterf

2. en nou sondig hulle meer en meer en maak vir hulleself gegote beelde, bekwaam gemaak van silwer, almal die werk van vakmanne. Hulle sê vir hulle: “Laat die man wat offer, die kalwers soen!”

3. Hulle sal daarom soos die oggendwolk wees en soos dou wat gou verdwyn, soos kaf wat weggewaai word vanaf die dorsvloer en soos rook uit ’n skoorsteen.

4. Tog was Ek, יהוה, sedert die land van Mitzrayim, jou God en buiten My moes jy geen God geken het nie, want daar is geen redder buiten My nie.

5. Ek het vir jou gesorg in die wildernis, in die land van droogtes.Deut 8:10

6. Soos hulle hul weiding gehad het, het hulle versadig geword en versadig, het hulle verstand, wil en emosie hoogmoedig geword; daarom het hulle My vergeet.

7. Ek sal vir hulle soos ’n leeu wees, soos ’n luiperd sal Ek langs die pad lê en wag.

8. Ek sal teen hulle kom soos ’n beer wat van haar kleintjies beroof is en Ek sal hulle borskaste oopbreek; daar sal Ek hulle ook verslind soos ’n leeuin, soos ’n wilde dier hulle sal verskeur.

Lees volledige hoofstuk Hoshea 13