Ou Testament

Nuwe Testament

Havakkuk 3:14-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. U deurboor die koppe van sy menigtes met hul eie spiese. Hulle het ingestorm om ons te verstrooi; hulle gejuig was soos hulle wat die onderdruktes in die geheim verslind.

15. U het die see vertrap met U perde, op die deining van baie waters.

16. Ek het gehoor en my ingewande het gebewe, by die klank het my lippe getril. Verderf het my gebeente ingegaan en ek het gebewe waar ek was omdat ek stil moet wag op die dag van benoudheid; vir die mense wat ons sal inval om op te staan.Yir 8:13 die drag van die olyfboom faal en die lande geen kos produseer nie; die kleinvee uit die kraal afgesny word en daar geen beeste in die krale sal wees nie,

17. Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie,

18. nogtans sal ek jubel in יהוה, ek sal in die rondte swaai van vreugde in die God van my verlossing.Iyov 19:25-27; Neg 8:10

19. יהוה-God is my Sterkte en Hy het my voete gemaak soos dié van herte en my laat staan op my hoë plekke om met snaarinstrumente Sy lof te besing.

Lees volledige hoofstuk Havakkuk 3