Ou Testament

Nuwe Testament

Havakkuk 1:10-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Hulle dryf die spot met konings; heersers is vir hom ’n lagwekkendheid. Hulle lag vir elke vesting en hoop grond op om dit in te neem,

11. dan gly hulle deur soos die wind en gaan verder, maar hulle sal skuldig bevind word, hulle wie se krag hulle god is.”

12. Is U dan nie van ewig af nie, o יהוה, my God, my Afgesonderde Een? Ons sal nie sterf nie. U, יהוה, het hulle aangestel om te oordeel en U, o Rots, het hulle daar gestel om te korrigeer.

13. U oë is te rein om boosheid goed te keur en U kan nie met aanvaarding kyk na boosheid nie. Waarom kyk U met aanvaarding na hulle wat verraderlik optree? Hoekom is U stil wanneer die bose dié verslind wat regverdiger is as hulle?

14. Hoekom maak U mense soos die visse van die see, soos kruipende gediertes sonder ’n heerser oor hulle?

15. Hulle trek hulle almal op met ’n hoek, sleep hulle weg in hul net en maak hulle bymekaar in hul visnet; daarom swaai hulle in die rondte van vreugde en is bly;

16. daarom offer hulle ’n offer aan hul net en brand wierook vir hul visnet omdat hulle vangs groot is deur hierdie dinge en hulle kos oorvloedig.

Lees volledige hoofstuk Havakkuk 1