Ou Testament

Nuwe Testament

Hagai 1:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In die tweede jaar van Daryavesh, die koning, op die eerste dag van die sesde maand, het die boodskap van יהוה deur die profeet Haggai gekom tot Z’rubavel, die seun van Sh’alti’el, goewerneur van Y’hudah en tot Y’hoshua, die seun van Y’hotzadak, die hoofpriester en gesê:

2. “So sê יהוה-Tzva’ot: ‘Hierdie volk sê: “Die tyd het nog nie gekom nie, die tyd vir die huis van יהוה om herbou te word.”’”

3. Toe het die boodskap van יהוה deur Haggai, die profeet, gekom en gesê:

4. “Is dit tyd vir julle om in jul getimmerde huise te bly terwyl hierdie huis in puin lê?”

5. Nou, daarom, so sê יהוה-Tzva’ot: “Beskou julle lewenswyses!

6. Julle het baie gesaai, maar min geoes; julle eet, maar nie tot versadiging toe nie; julle drink, maar nie om dronk te word nie; julle trek klere aan, maar niemand is warm nie en hy wat verdien, verdien lone om in ’n beursie met gate te sit.”

7. So sê יהוה-Tzva’ot: “Beskou jou lewenswyses!

Lees volledige hoofstuk Hagai 1