Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 8:9-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. maar die duif het geen rusplek vir die holte van haar voet gevind nie en na hom teruggekom in die ark, want die water was oor die hele aarde. Hy het sy hand uitgesteek en haar gegryp en in die ark by hom gebring.

10. Hy het weer sewe dae gewag en hy het die duif weer uit die ark uitgestuur.

11. Die duif het teen sonsondergang na hom toe gekom en let op, daar was ’n groen olyfblaar in haar bek! Noag het geweet dat die water oor die aarde verminder het.

12. Hy het nog sewe dae gewag en weer die duif uitgestuur, maar dit het nie weer na hom toe teruggekom nie.

13. Dit het so gebeur dat in die ses honderd en eerste jaar, in die eerste maand, op die eerste van die maand, die waters weggedroog het van die aarde af en Noag het die dak van die ark afgehaal, uitgekyk en let op, die oppervlak van die aarde was droog!

14. In die tweede maand, op die sewe en twintigste dag van die maand, was die aarde droog

15. en God het met Noag gepraat en gesê:

16. “Gaan uit die ark uit, jy, jou vrou, jou seuns en die vroue van jou seuns saam met jou.

17. Laat alles, van alle vlees wat lewe en by jou is: die voëls, die vee en al die reptiele wat op die aarde kruip, saam met jou uitgaan dat hulle kan wemel en vrugbaar wees en vermeerder op die aarde.”

18. Toe gaan Noag, sy seuns, sy vrou en die vroue van sy seuns saam met hom uit.

19. Alles wat lewe, al die reptiele, al die voëls en alles wat op die aarde beweeg, volgens hulle spesies, het uit die ark uitgegaan.

20. Noag het vir יהוה ’n altaar gebou en van elkeen van die rein diere en van elkeen van die rein voëls gevat en brandoffers op die altaar gebringLev 1:2,3

Lees volledige hoofstuk Genesis 8