Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 50:2-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Yosef het aan sy diensknegte, die geneeshere, bevel gegee om sy vader te balsem en die geneeshere het Yisra’el gebalsem.

3. Veertig dae is vir hom voltooi, want dit is die dae wat voltooi word vir die wat gebalsem word. Die Mitzrayiete het sewentig dae lank oor hom gehuil.

4. Toe die dae van huil oor hom verby was, het Yosef met die huis van Farao gepraat en gesê: “As ek nou guns in julle oë gevind het, sê dit asseblief voor die ore van Farao:

5. My vader het my laat sweer en gesê: ‘Let op, ek gaan sterf; in my graf wat ek vir my in die land Kena’an uitgekap het, daar moet jy my begrawe.’ Laat my nou asseblief opgaan en my vader begrawe en terugkom.”

6. Farao sê: “Gaan op en begrawe jou vader soos hy jou laat sweer het.”

7. Toe het Yosef opgegaan om sy vader te begrawe en al die diensknegte van Farao, die oudstes van sy huis en al die oudstes van Mitzrayim het saam met hom opgegaan;

8. ook die hele huis van Yosef en sy broers en die huis van sy vader. Net hulle kinders, hulle kleinvee en hulle beeste het hulle in die land Goshen laat agterbly.

9. Saam met hom het strydwaens en ruiters opgegaan en dit was ’n baie groot trek.

Lees volledige hoofstuk Genesis 50