Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 48:4-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. en vir my gesê: ‘Let op, Ek sal jou vrugbaar maak en jou vermeerder en jou tot ’n menigte van volke maak en Ek sal aan jou saad ná jou hiérdie land as ewige besitting gee.’

5. Nou, jou twee seuns, Efrayim en M’nasheh, wat vir jou in Mitzrayim gebore is voordat ek in Mitzrayim na jou toe gekom het, is myne; soos Re’uven en Shim’on sal hulle myne wees,

6. maar jou nakomelinge wat jy ná hulle verwek het, sal joune wees. Hulle sal na die naam van hulle broers genoem word in dié se erfdeel.

7. Wat my betref, toe ek van Paddan-Aram af gekom het, het Ragel langs my gesterf in die land Kena’an, op reis, toe daar nog ’n kort ent pad oor was om by Efrat te kom en ek het haar daar begrawe langs die pad na Efrat, dit is Beit-Legem.”

8. Yisra’el sien die seuns van Yosef en sê: “Wie is hierdie?”

9. Yosef antwoord sy vader: “Hulle is my seuns wat God my in hierdie plek gegee het.” Hy sê: “Bring hulle asseblief na my toe en ek sal hulle seën.”

10. Nou, die oë van Yisra’el het dof geword van ouderdom sodat hy nie kon sien nie. Hy het hulle nader gebring en hy het hulle gesoen en hulle omhels.

11. Yisra’el sê vir Yosef: “Ek het nie gedink om jou gesig te sien nie en kyk, God het my ook jou saad laat sien.”

12. Yosef het hulle van langs sy knieë af gebring en met sy gesig op die grond gaan lê.

13. Yosef vat hulle altwee: Efrayim met sy regterhand na Yisra’el se linkerhand en M’nasheh met sy linkerhand na Yisra’el se regterhand en bring hulle na hom toe.

14. Yisra’el steek sy regterhand uit en lê dit op die kop van Efrayim, wat die jongste was en sy linkerhand op die kop van M’nasheh deur sy hande te kruis. M’nasheh was die eersgeborene.

15. Hy het Yosef geseën en gesê: “Die God voor wie se Teenwoordigheid my vaders Avraham en Yitz’gak geleef het, die God wat my gevoed het van my geboorte af tot hierdie dag toe,

16. die Engel wat my losgekoop het uit alle boosheid, seën die seuns, mag my naam oor hulle uitgeroep word en die naam van my vaders Avraham en Yitz’gak en laat hulle groei tot ’n menigte op die aarde.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 48