Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 47:27-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

27. Yisra’el het in Mitzrayim gebly, in die land Goshen en hulle het gebly op grond wat hulle besit het en gegroei en uitermate vermeerder.

28. Ya’akov het sewentien jaar in Mitzrayim gelewe sodat die dae van Ya’akov, die jare van sy lewe, honderd sewe en veertig jaar was.

29. Die tyd van Yisra’el om dood te gaan het nader gekom en hy het sy seun Yosef laat roep en vir hom gesê: “As ek nou guns in jou oë gevind het, sit asseblief jou hand onder my dy en bewys vir my omgee en waarheid; moet my asseblief nie in Mitzrayim begrawe nie,

30. maar laat my by my vaders lê. Jy sal my uit Mitzrayim uitdra en my in hulle grafte begrawe.” Hy antwoord: “Ek sal doen soos u gesê het.”

31. Hy sê: “Sweer dit vir my.” Hy het dit vir hom gesweer. Yisra’el het in aanbidding plat gaan lê oor die kop van die bed.

Lees volledige hoofstuk Genesis 47