Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 44:5-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Is dit nie die een waaruit my meester drink en waarmee hy altyd voorspel nie? Julle het boos gehandel met wat julle gedoen het.’”

6. Hy het hulle ingehaal en hierdie selfde woorde met hulle gepraat.

7. Hulle sê vir hom: “Waarom praat meneer sulke woorde? Dit is ver van u diensknegte om so iets te doen.

8. Let op, geld wat ons bo in ons sakke gekry het, het ons uit die land Kena’an aan u teruggebring; hoe sou ons dan silwer of goud uit die huis van u meester kan steel?

9. By wie ook al van u diensknegte dit gekry word, laat hom sterf en ons sal ook my meester se slawe wees.”

10. Hy sê: “Nou laat dit ook wees soos julle gesê het. Dié een by wie dit gekry word, sal my slaaf wees en júlle sal onskuldig wees.”

11. Elke man het gou gemaak en sy sak op die grond neergesit en elkeen het sy sak oopgemaak.

12. Hy het gesoek; hy het begin by die oudste en klaar gemaak by die jongste en die beker is in Binyamin se sak gekry.

Lees volledige hoofstuk Genesis 44