Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 44:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hy het opdrag gegee aan die opsigter oor sy huis en gesê: “Maak die sakke van die manne vol met kos, soveel as wat hulle kan vervoer en sit elkeen se geld in die bek van sy sak

2. en my beker, die silwer beker, in die jongste se sak saam met die geld vir sy graan.” Hy het gedoen volgens die woord wat Yosef gesê het.

3. Sodra die oggend gebreek het, is die manne weggestuur, hulle en hulle donkies.

4. Toe hulle uit die stad uitgetrek het en nog nie ver weg was nie, het Yosef vir die opsigter oor sy huis gesê: “Staan op en jaag die manne agterna en as jy hulle inhaal, vra hulle: ‘Waarom het julle boosheid vir die goeie terugbetaal?

5. Is dit nie die een waaruit my meester drink en waarmee hy altyd voorspel nie? Julle het boos gehandel met wat julle gedoen het.’”

6. Hy het hulle ingehaal en hierdie selfde woorde met hulle gepraat.

7. Hulle sê vir hom: “Waarom praat meneer sulke woorde? Dit is ver van u diensknegte om so iets te doen.

8. Let op, geld wat ons bo in ons sakke gekry het, het ons uit die land Kena’an aan u teruggebring; hoe sou ons dan silwer of goud uit die huis van u meester kan steel?

9. By wie ook al van u diensknegte dit gekry word, laat hom sterf en ons sal ook my meester se slawe wees.”

10. Hy sê: “Nou laat dit ook wees soos julle gesê het. Dié een by wie dit gekry word, sal my slaaf wees en júlle sal onskuldig wees.”

11. Elke man het gou gemaak en sy sak op die grond neergesit en elkeen het sy sak oopgemaak.

12. Hy het gesoek; hy het begin by die oudste en klaar gemaak by die jongste en die beker is in Binyamin se sak gekry.

13. Toe skeur hulle hul klere en elke man het sy donkie gelaai en teruggegaan na die stad toe.

14. Y’hudah en sy broers het in die huis van Yosef gekom en hy was nog daar en hulle het voor hom neergeval met hulle gesigte teen die grond.

Lees volledige hoofstuk Genesis 44