Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 43:7-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Hulle antwoord: “Die man het reguit uitgevra na ons en ons familie met die woorde: ‘Lewe julle vader nog? Het julle nog ’n broer?’ Ons het dit met ons mond bevestig. Kon ons enigsins weet dat hy sou sê: ‘Bring julle broer af’?”

8. Y’hudah sê aan sy vader Yisra’el: “Stuur die jongman saam met my; dan sal ons opstaan en gaan sodat ons kan leef en nie sterf nie; nie ons nie en ook nie u en ons kinders nie.

9. Ek sal self vir hom borg wees; van my hand sal u hom eis. As ek hom nie na u bring en voor u stel nie, sal ek vir ewig die skuld dra,

10. want as ons nie uitgestel het nie, sou ons sekerlik nou al twee maal terug kon gewees het.”

11. Yisra’el, hulle vader, het vir hulle gesê: “As dit so moet wees, doen dan dít: vat van die beste vrugte van die land in julle sakke en bring vir die man ’n geskenk; ’n bietjie balsem en bietjie heuning, speserye en mirre, neute en amandels

12. en vat dubbel soveel geld in julle hand en vat die geld wat weer bo in julle sakke gesit is, in julle hand terug. Miskien was dit ’n fout.

13. Vat ook julle broer; staan op en gaan terug na die man

14. en mag El-Shaddai (Die Magtige God wat meer as genoeg is) vir julle omgee gee by die man sodat hy julle ander broer en Binyamin vry kan laat! Ek: as my kinders weggevat is, dan is my kinders weggevat.”

15. So het die manne dié geskenk, dubbel soveel geld in hulle hand en ook Binyamin saam met hulle gevat en hulle het opgestaan en na Mitzrayim afgegaan en voor Yosef gaan staan.

16. Toe Yosef Binyamin by hulle sien, sê hy aan die opsigter oor sy huis: “Bring die manne na my huis en slag ’n dier en maak dit gereed, want die manne sal vanmiddag saam met my eet.”

17. Die man het gedoen soos Yosef beveel het en die man het die manne in die huis van Yosef gebring.

18. Die manne was bang omdat hulle in die huis van Yosef gebring is en het gesê: “Dit is as gevolg van die geld wat die eerste keer in ons sakke teruggekom het dat ons ingebring is om ons te oorrompel, ons te oorval en ons as slawe te vat, saam met ons donkies.”

19. Hulle het nader gekom na die opsiener oor die huis van Yosef en met hom gepraat by die ingang van die huis

20. en gesê: “Ag, meneer, ons het werklik die eerste keer afgetrek om kos te koop,

21. maar dit het gebeur dat toe ons in die herberg kom, ons ons sakke oopgemaak het en let op, elkeen se geld was bo in sy sak; ons geld in sy volle gewig en ons het dit in ons hand teruggebring.

Lees volledige hoofstuk Genesis 43