Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 4:4-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. en Hevel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring en van hulle vet. יהוה het Hevel en sy offer aanvaar,Lev 1-7; Heb 11:4

5. maar Kayin en sy offer nie aanvaar nie en Kayin het baie kwaad geword en sy gesig laat val.

6. יהוה sê vir Kayin: “Waarom is jy kwaad en waarom het jou gesig geval?

7. Is daar nie aanvaarding as jy goed doen nie? As jy nie goed doen nie, sit die sonde en wag by die deur en sy begeerte is na jou, maar jy moet daaroor heers.”

8. Kayin het vir sy broer Hevel gesê: “Laat ons na die veld toe gaan.” Dit het gebeur dat toe hulle in die veld was, Kayin teen sy broer Hevel opgestaan en hom doodgeslaan het.

9. יהוה sê vir Kayin: “Waar is jou broer Hevel?” Hy antwoord: “Ek weet nie. Is ek my broer se oppasser?”

10. יהוה sê: “Wat het jy gedoen? Die stem van die bloed van jou broer roep na My van die grond af.

11. Nou is jy vervloek deur die grond wat sy mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand te ontvang.Deut 27:24

12. As jy die grond omspit, sal dit nie meer sy krag aan jou oorgee nie; jy sal ’n vlugteling wees en rondswerf op die aarde.”

13. Kayin sê vir יהוה: “My sonde is te groot vir my om te dra.

14. Let op, U verdryf my nou uit die land uit en ek moet my verberg vir U Teenwoordigheid: ek sal ’n vlugteling en swerwer op die aarde wees en elkeen wat my kry, sal my doodslaan.”

15. יהוה sê vir hom: “Daarom, as enigeen Kayin doodslaan, sal dit sewevoudig gewreek word.” יהוה het ’n merk op Kayin gesit sodat enigeen wat hom kry, hom nie sou doodslaan nie.

16. Kayin het weggegaan vanuit die Teenwoordigheid van יהוה en hy het gebly in die land Nod, aan die oostekant van `Eden.

17. Kayin het ’n verbondsverhouding met sy vrou gehad en sy het swanger geword en geboorte gegee aan Hanokh. Hy het ook ’n stad gebou en die stad genoem na die naam van sy seun, Hanokh.

18. Vir Hanokh is `Irad gebore en `Irad was die vader van Meguya’el en Meguya’el was die vader van Metusha’el en Metusha’el die vader van Lemekh.

19. Lemekh het vir homself twee vroue gevat. Die naam van die eerste was `Adah en die naam van die tweede Tzilah.

20. `Adah het geboorte gegee aan Yaval. Hy was die vader van die wat in tente gebly het en vee gehad het.

Lees volledige hoofstuk Genesis 4