Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 38:1-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit het gebeur dat Y’hudah in dié tyd van sy broers af weggegaan het tot by ’n man van `Adulam met die naam van Hirah.

2. Y’hudah het daar die dogter van ’n Kena’anitiese man, met die naam van Shua, gesien, haar vir hom gevat en by haar ingegaan.

3. Sy het bevrug geword en geboorte gegee aan ’n seun en hy het hom die naam `Er gegee.

4. Sy het weer bevrug geword en geboorte gegee aan ’n seun en hom die naam Onan gegee.

5. Sy het weer geboorte gegee aan ’n seun en hom Shelah genoem en hy was in K’ziv Kesib toe sy aan hom geboorte gegee het.

6. Y’hudah het vir `Er, sy eersgeborene, ’n vrou gevat en haar naam was Tamar.

7. `Er, die eersgeborene van Y’hudah, was egter boos in die oë van יהוה en יהוה het hom doodgemaak.

8. Y’hudah sê vir Onan: “Gaan in by die vrou van jou broer en vervul jou plig as haar man se broer teenoor haar en voorsien vir jou broer ’n nageslag.”

9. Onan het egter geweet dat die erfgenaam nie syne sou wees nie; daarom het dit so gebeur dat, elke keer as hy by die vrou van sy broer ingaan, hy dit op die grond gemors het om vir sy broer geen nageslag te gee nie.

10. Dit wat hy gedoen het was sleg in die oë van יהוה; daarom het Hy hom ook doodgemaak.

11. Toe sê Y’hudah vir Tamar, sy skoondogter: “Bly ’n weduwee in die huis van jou vader totdat my seun Shelah groot is, want hy het gedink: anders sterf hy ook soos sy broers! So het Tamar dan gaan woon in die huis van haar vader.

12. Ná verloop van geruime tyd is die dogter van Shua, die vrou van Y’hudah, dood en nadat Y’hudah vertroos is, het hy opgegaan na die skeerders van sy kleinvee, na Timnah toe, hy en sy vriend Hirah, die `Adulamiet.

13. Dit is aan Tamar vertel en gesê: “Let op, jou skoonvader gaan op na Timnah om sy kleinvee te skeer.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 38