Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 35:12-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Die land wat Ek vir Avraham en Yitz’gak gegee het, gee Ek vir jou en aan jou nageslag ná jou gee Ek die land.”

13. Toe het God van hom af opgegaan op die plek waar Hy met hom gepraat het.

14. Ya’akov het ’n pilaar opgerig op die plek waar Hy met hom gepraat het, ’n pilaar van klip en daarop ’n drankoffer en olie uitgegooi.

15. Ya’akov het die plek waar God met hom gepraat het, Beit-El genoem.

16. Hulle het van Beit-El af weggegaan en toe daar nog ’n ent pad oor was om by Efrat te kom, het Ragel geboorte gegee en sy het ’n moeilike geboorte gehad.

17. Dit het so gebeur dat terwyl sy dit moeilik gehad het by die geboorte, die vroedvrou vir haar sê: “Moenie vrees nie, want u sal ook hierdie seun hê.”

18. Toe haar gees en lewe uitgaan, want sy het gesterf, noem sy hom Ben-Oni, maar sy vader het hom Binyamin genoem.

19. So is Ragel dood en is begrawe op die pad na Efrat, wat Beit-Legem is.

20. Ya’akov het ’n pilaar op haar graf opgesit; dit is die pilaar van die graf van Ragel tot vandag toe.

21. Yisra’el het weggegaan en sy tent opgeslaan aan die anderkant van Migdal-`Eder.

22. Dit het gebeur terwyl Yisra’el in dié land bly, Re’uven gegaan en by Bilhah, sy vader se byvrou, gelê het en Yisra’el het daarvan gehoor.Gen 49:3,4; Lev 20:11 Ya’akov het twaalf seuns gehad.

23. Die seuns van Le’ah was: Re’uven, die eersgeborene van Ya’akov, daarna Shim’on, Levi, Y’hudah, Yissakhar en Z’vulun.

24. Die seuns van Ragel was: Yosef en Binyamin.

Lees volledige hoofstuk Genesis 35