Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 34:23-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. Sal hulle vee, hulle besittings en al hulle diere nie ons s’n wees nie? Laat ons net instem sodat hulle by ons kan bly.”

24. Hulle het na Hamor en na sy seun Sh’khem geluister, almal wat uit sy stadspoort uitgegaan het en almal wat manlik was, wat uit sy stadspoort uitgegaan het, is besny.

25. Dit het so gebeur dat op die derde dag, toe hulle in pyn was, twee van die seuns van Ya’akov, Shim’on en Levi, broers van Dinah, elkeen sy swaard gevat, die stad stilweg ingegaan en al die mans doodgeslaan het.

26. Hulle slaan ook vir Hamor en sy seun Sh’khem met die skerpte van die swaard dood, vat Dinah uit die huis van Sh’khem en gaan uit.

27. Die seuns van Ya’akov het op die wat dood is afgekom en die stad geplunder omdat hulle hulle suster onteer het.

28. Hulle het hulle kleinvee, hulle beeste en hulle esels, wat ook al in die stad en in die veld was, weggevat.

29. Al hulle besittings, al hulle kinders en hulle vroue het hulle as gevangenes en as buit weggevoer en ook alles wat in die huise was.

30. Ya’akov sê vir Shim’on en Levi: “Julle het vir my moeilikheid gemaak deurdat julle my verwerplik gemaak het by die inwoners van die land, die Kena’aniete en P’risiete. Omdat ek min is, sal hulle saamkom teen my, my doodmaak en vernietig, my en my huis.”

31. Hulle antwoord: “Moes hy ons suster as ’n hoer behandel!”

Lees volledige hoofstuk Genesis 34