Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 34:11-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Sh’khem sê ook vir haar vader en broers: “Laat my guns vind in julle oë en wat julle van my vra, sal ek gee.

12. Vra my enige grootte bruidskat en geskenk en ek sal gee volgens wat julle aan my sê, maar gee vir my die meisie as vrou.”

13. Die seuns van Ya’akov antwoord vir Sh’khem en Hamor, sy vader en praat met misleiding omdat hy hulle suster Dinah onteer het

14. en sê vir hulle: “Ons kan hierdie ding nie doen om ons suster aan ’n man te gee wat onbesnede is nie, want dit sou ’n skande vir ons wees.

15. Op hierdie voorwaarde alleen kan ons inwillig: as julle word soos ons is deurdat almal van julle wat manlik is, besny word.

16. Ons sal dan ons dogters aan julle gee en ons sal julle dogters vir ons vat en ons sal by julle bly en een volk word,

17. maar as julle nie na ons luister en besny word nie, dan vat ons ons dogter en gaan weg.”

18. Hulle woorde was goed in die oë van Hamor en van Sh’khem, die seun van Hamor.

Lees volledige hoofstuk Genesis 34