Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 34:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dinah, die dogter van Le’ah, wat vir Ya’akov gebore is, het uitgegaan om die dogters van die land te sien.

2. Toe Sh’khem, die seun van Hamor, die Heviet, die heerser van die land, haar sien, het hy haar gegryp en by haar gelê en haar onteer.

3. Sy wil, verstand, liggaam en gees het geheg geraak aan Dinah, die dogter van Ya’akov en hy het die meisie liefgehad en sag met die meisie gepraat.

4. Sh’khem het ook met sy vader Hamor gepraat en gesê: “Kry hierdie meisie vir my as vrou.”

5. Ya’akov het gehoor dat sy dogter Dinah onteer is. Sy seuns was by sy vee in die veld en Ya’akov het stilgebly totdat hulle gekom het.

6. Hamor, die vader van Sh’khem, het uitgegaan na Ya’akov om met hom te praat.

7. Die seuns van Ya’akov het uit die veld gekom toe hulle dit hoor en die manne was gegrief en uitermate woedend omdat hy ’n skandelike daad in Yisra’el begaan het, deur by die dogter van Ya’akov te lê: ’n ding wat nie gedoen moes word nie.

8. Hamor praat met hulle en sê: “Die wil, verstand, liggaam en gees van my seun Sh’khem verlang na julle dogter: gee haar asseblief vir hom as vrou

9. en tree in huwelike met ons: gee vir ons julle dogters en vat vir julle ons dogters.

10. Bly by ons en die land lê voor julle oop; bly en dryf handel en verkry besittings daarin.”

11. Sh’khem sê ook vir haar vader en broers: “Laat my guns vind in julle oë en wat julle van my vra, sal ek gee.

Lees volledige hoofstuk Genesis 34