Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 30:25-35 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

25. Dit het so gebeur dat toe Ragel geboorte gegee het aan Yosef, Ya’akov vir Lavan gesê het: “Laat my gaan sodat ek na my eie plek en my eie land kan gaan.

26. Gee my vroue en my jongelinge waarvoor ek u gedien het sodat ek kan gaan, want u ken self die diens waarmee ek u gedien het.”

27. Lavan antwoord hom: “Bly asseblief as ek guns in u oë gevind het; ek het die tekens gesien dat יהוה my om jou ontwil geseën het.”

28. Hy sê ook: “Spesifiseer vir my jou loon en ek sal dit gee.”

29. Hy antwoord hom: “U weet self hoe ek u gedien het en hoe u vee by my is,

30. want wat u gehad het vóór my koms was min en dit het tot baie vermeerder. יהוה het u geseën sedert ek my voete hier gesit het. Nou, wanneer sal ek ook vir my eie huis voorsien?”

31. Hy vra: “Wat moet ek vir jou gee?” Ya’akov antwoord: “U hoef my niks te gee nie, as u hierdie ding vir my sal doen, sal ek weer u kleinvee voed en versorg;

32. ek sal vandag deur al u troppe kleinvee gaan en daaruit al die gestippelde en bont vee uitkeer en al die bruines onder die skaaplammers, asook die bontes en gestippeldes onder die bokke, dit sal my loon wees.

33. Net soos my eerlikheid vandag vir my getuig; net so sal dit wees wanneer my loon voor u gebring word; alles wat nie gestippeld of bont is onder die bokke en wat nie bruin is onder die skaaplammers nie, sal as gesteelde goed by my beskou word.”

34. Lavan antwoord: “O, laat dit wees volgens jou woord!”

35. Ya’akov het dieselfde dag die gestreepte en bont bokke en al die gestippelde en bont bokooie uitgekeer, almal wat wit aan hulle gehad het en almal wat bruin was onder die skaaplammers en dié in sy seuns se hande afgegee.

Lees volledige hoofstuk Genesis 30