Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 27:40-46 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

40. Jy sal deur jou swaard leef en jy sal jou broer dien, maar dit sal gebeur dat as jy rusteloos raak, jy sy juk van jou nek af sal breek.”

41. `Esav het Ya’akov gehaat as gevolg van die seën waarmee sy vader hom geseën het en `Esav het in sy binneste gedink: “Die dae van rou oor my vader is naby, dan sal ek my broer Ya’akov doodmaak.”

42. Die woorde van `Esav, haar oudste seun, is vir Rivkah vertel en sy stuur en laat Ya’akov, haar jongste seun, roep en sê vir hom: “Let op, jou broer `Esav sal hom op jou wreek en jou doodmaak.

43. My seun, gehoorsaam nou my stem: staan op, vlug na Haran, na my broer Lavan

44. en bly ’n rukkie by hom tot die woede van jou broer wegdraai,

45. tot die toorn van jou broer teen jou wegdraai en hy vergeet het wat jy aan hom gedoen het. Dan sal ek stuur en jou daar laat haal. Waarom moet ek julle altwee op een dag verloor?”

46. Rivkah sê vir Yitz’gak: “Ek is moeg vir my lewe vanweë die dogters van Het. As Ya’akov ’n vrou neem uit die dogters van Het, soos húlle is, uit die dogters van die land, watter lewe is dit vir my?”

Lees volledige hoofstuk Genesis 27