Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 27:31-41 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

31. en ook ’n smaaklike ete voorberei en dit na sy vader gebring en aan sy vader gesê het: “Laat my vader regop sit en eet van die wildsvleis van sy seun sodat u gees, liggaam, wil en verstand my kan seën.”

32. Sy vader Yitz’gak vra hom: “Wie is jy?” Hy antwoord: “Ek is u seun `Esav, u eersgeborene.”

33. Yitz’gak het gebewe van angs en groot vrees en gesê: “Wie is die een wat wild gejag en vir my gebring het? Ek het alles geëet voordat jy gekom het en hom geseën en hy sal geseënd bly!”

34. Toe `Esav die woorde van sy vader hoor, skree hy met ’n uitermate harde en bitter uitroep en hy sê vir sy vader: “Seën my; vir my ook, o my vader!”

35. Hy antwoord: “Jou broer het met misleiding gekom en jou seën weggevat.”

36. `Esav sê: “Word hy nie by regte Ya’akov genoem omdat hy my nou twee keer onderkruip het nie? Hy het my eersgeboortereg gevat en let op, hy het nou my seën gevat!” Hy vra: “Het u geen seën vir my oorgehou nie?”

37. Yitz’gak antwoord en sê vir `Esav: “Let op, ek het hom heerser oor jou gemaak en aan hom al sy broers as diensknegte gegee en ek het hom met graan en druiwesap onderhou. Wat kan ek nou vir jóu doen, my seun?”

38. `Esav vra vir sy vader: “Het u net een seën, my vader? Seën my; my ook, o my vader!” `Esav het sy stem opgelig en gehuil.

39. Sy vader Yitz’gak antwoord en sê vir hom: “Let op, jou blyplek sal wees in die vetheid van die aarde en in die dou van die hemel daarbo.

40. Jy sal deur jou swaard leef en jy sal jou broer dien, maar dit sal gebeur dat as jy rusteloos raak, jy sy juk van jou nek af sal breek.”

41. `Esav het Ya’akov gehaat as gevolg van die seën waarmee sy vader hom geseën het en `Esav het in sy binneste gedink: “Die dae van rou oor my vader is naby, dan sal ek my broer Ya’akov doodmaak.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 27