Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 27:25-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

25. Hy sê: “Bring dit vir my nader dat ek van die wildsvleis van my seun kan eet sodat my gees, liggaam, wil en verstand jou kan seën.” Hy het dit vir hom nader gebring en hy het geëet. Hy het ook vir hom wyn gebring en hy het gedrink.

26. Sy vader Yitz’gak sê vir hom: “Kom nou nader en soen my, my seun!”

27. Hy het nader gekom en hom gesoen en hy ruik die geur van sy klere en hy seën hom en sê: “Let op, die geur van my seun is soos die geur van die veld wat יהוה geseën het;

28. daarom gee God jou van die dou van die hemel en van die vet van die grond van die aarde en oorvloed van graan en druiwesap.

29. Volke sal jou dien en nasies sal voor jou neerbuig. Wees ’n heerser oor jou broers en laat die seuns van jou moeder voor jou neerbuig. Vervloek is elkeen wat jou vloek en geseënd is hulle wat jou seën.”

30. Dit het so gebeur dat, net toe Yitz’gak Ya’akov klaar geseën het en Ya’akov nog skaars uit die teenwoordigheid van sy vader Yitz’gak weggegaan het, sy broer `Esav van die jag af gekom

31. en ook ’n smaaklike ete voorberei en dit na sy vader gebring en aan sy vader gesê het: “Laat my vader regop sit en eet van die wildsvleis van sy seun sodat u gees, liggaam, wil en verstand my kan seën.”

32. Sy vader Yitz’gak vra hom: “Wie is jy?” Hy antwoord: “Ek is u seun `Esav, u eersgeborene.”

33. Yitz’gak het gebewe van angs en groot vrees en gesê: “Wie is die een wat wild gejag en vir my gebring het? Ek het alles geëet voordat jy gekom het en hom geseën en hy sal geseënd bly!”

34. Toe `Esav die woorde van sy vader hoor, skree hy met ’n uitermate harde en bitter uitroep en hy sê vir sy vader: “Seën my; vir my ook, o my vader!”

Lees volledige hoofstuk Genesis 27