Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 27:15-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Rivkah vat ook die beste klere van `Esav, haar oudste seun, wat by haar in die huis was en sy trek dit vir Ya’akov, haar jongste seun, aan

16. en die velle van die bokkies trek sy oor sy hande en oor die gladde deel van sy nek

17. en sy gee die smaaklike ete en die brood wat sy gemaak het, in die hand van Ya’akov, haar seun.

18. Hy kom by sy vader en sê: “My vader!” Hy antwoord: “Hier is ek! Wie is jy, my seun?”

19. Ya’akov sê aan sy vader: “Ek is `Esav, u eersgeborene. Ek het gedoen soos u my beveel het. Sit asseblief regop en eet van my wildsvleis dat u gees, liggaam, wil en verstand my kan seën.”

20. Yitz’gak het egter aan sy seun gesê: “Hoe het jy dit so gou gekry, my seun?” Hy antwoord: “Omdat יהוה, u God, dit na my toe laat kom het.”

21. Yitz’gak sê vir Ya’akov: “Kom asseblief nader dat ek aan jou kan voel, my seun, of jy waarlik my seun `Esav is of nie.”

22. Ya’akov het nader gekom na sy vader Yitz’gak en hy het aan hom gevoel en gesê: “Die stem is Ya’akov se stem, maar die hande is `Esav se hande.”

23. Hy het hom nie herken nie omdat sy hande harig was soos sy broer `Esav se hande en hy het hom geseën.

24. Hy het gevra: “Is jy werklik my seun `Esav?” En hy het geantwoord: “Ja.”

25. Hy sê: “Bring dit vir my nader dat ek van die wildsvleis van my seun kan eet sodat my gees, liggaam, wil en verstand jou kan seën.” Hy het dit vir hom nader gebring en hy het geëet. Hy het ook vir hom wyn gebring en hy het gedrink.

Lees volledige hoofstuk Genesis 27