Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 26:29-35 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

29. jy moet ons geen boosheid aandoen nie, net soos ons jou nie aangeraak en aan jou niks anders as goed gedoen het nie en jou in vrede weggestuur het. Jy is nou die geseënde van יהוה.”

30. Hy het vir hulle ’n feesmaal voorberei en hulle het geëet en gedrink.

31. Hulle het die oggend vroeg opgestaan en het ’n eed teenoor mekaar gesweer. Yitz’gak het hulle laat gaan en hulle het in vrede van hom af weggegaan.

32. Dit het op dieselfde dag wat die diensknegte van Yitz’gak gekom en hom vertel het van die put wat hulle gegrawe het en vir hom gesê het: “Ons het water gekry,” gebeur.

33. Hy het dit Shiv’ah genoem; daarom is die naam van die stad Be’er-Sh’va tot vandag toe.

34. Toe `Esav veertig jaar oud was, het hy Y’hudit, die dogter van Be’eri, die Hetiet en Basmat, die dogter van Elon, die Hetiet vir hom as vroue gevat

35. en hulle was vir Yitz’gak en Rivkah ’n gees van bitterheid.

Lees volledige hoofstuk Genesis 26