Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 26:25-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

25. Toe bou hy daar ’n altaar en hy het die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה aangeroep en sy tent daar opgeslaan en die diensknegte van Yitz’gak het daar ’n put gegrawe.

26. Toe kom Avimelekh vanaf G’rar na hom toe, saam met Aguzat, sy vriend en Pikhol, die bevelvoerder van sy leër.

27. Yitz’gak het hulle gevra: “Waarom het julle na my toe gekom terwyl julle my haat en my van julle af weggestuur het?”

28. Toe antwoord hulle: “Ons het duidelik gesien dat יהוה met jou is; daarom het ons gedink: laat daar nou ’n eed wees tussen ons, tussen ons en jou en laat ons ’n verbond met jou sluit:

29. jy moet ons geen boosheid aandoen nie, net soos ons jou nie aangeraak en aan jou niks anders as goed gedoen het nie en jou in vrede weggestuur het. Jy is nou die geseënde van יהוה.”

30. Hy het vir hulle ’n feesmaal voorberei en hulle het geëet en gedrink.

31. Hulle het die oggend vroeg opgestaan en het ’n eed teenoor mekaar gesweer. Yitz’gak het hulle laat gaan en hulle het in vrede van hom af weggegaan.

32. Dit het op dieselfde dag wat die diensknegte van Yitz’gak gekom en hom vertel het van die put wat hulle gegrawe het en vir hom gesê het: “Ons het water gekry,” gebeur.

33. Hy het dit Shiv’ah genoem; daarom is die naam van die stad Be’er-Sh’va tot vandag toe.

Lees volledige hoofstuk Genesis 26