Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 26:21-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Hulle het ’n ander put gegrawe en daaroor het hulle ook gestry; daarom het hy dit Sitnah genoem.

22. Hy het vandaar verskuif en ’n ander put gegrawe en daaroor is nie getwis nie; daarom het hy dit Regovot genoem en gesê: “Want nou het יהוה vir ons groot plek gemaak en kan ons vrugbaar wees in die land.”

23. Hy het vandaar af opgetrek na Be’er-Sh’va.

24. יהוה het in dieselfde nag aan hom verskyn en gesê: “Ek is die God van Avraham, jou vader. Moenie bang wees nie, want Ek is by jou en Ek sal jou seën en jou nageslag vermeerder ter wille van my dienskneg, Avraham.”

25. Toe bou hy daar ’n altaar en hy het die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה aangeroep en sy tent daar opgeslaan en die diensknegte van Yitz’gak het daar ’n put gegrawe.

26. Toe kom Avimelekh vanaf G’rar na hom toe, saam met Aguzat, sy vriend en Pikhol, die bevelvoerder van sy leër.

27. Yitz’gak het hulle gevra: “Waarom het julle na my toe gekom terwyl julle my haat en my van julle af weggestuur het?”

28. Toe antwoord hulle: “Ons het duidelik gesien dat יהוה met jou is; daarom het ons gedink: laat daar nou ’n eed wees tussen ons, tussen ons en jou en laat ons ’n verbond met jou sluit:

29. jy moet ons geen boosheid aandoen nie, net soos ons jou nie aangeraak en aan jou niks anders as goed gedoen het nie en jou in vrede weggestuur het. Jy is nou die geseënde van יהוה.”

30. Hy het vir hulle ’n feesmaal voorberei en hulle het geëet en gedrink.

Lees volledige hoofstuk Genesis 26